Vermoorde Chevonne se ma glo swanger

Deel hierdie storie / Share this story

Die tweejarige Chevonne Rusch, wat glo deur haar ma se vriend, Stephanus Van Niekerk vermoor is, se saak is tot 19 Januarie 2023 uitgestel.

Stephanus en Chevonne se ma.

Van Niekerk het Chevonne na bewering oor ‘n lang tydperk verkrag, fisies aangerand en daarna vermoor.

Dit is ook bekend gemaak dat Chevonne se ma glo swanger is. Sy is op 17 Mei in hegtenis geneem.

Beide beskuldigdes is verhoorafwagtend.

Stephanus van Niekerk.

Die polisie is Woensdag 11 Mei 2022 net na 13:00 na die Wannenburg-kliniek in Ekurhuleni ontbied waar ‘n kind wat deur haar ma se verloofde na die kliniek gebring en net daar gelaat is, dood verklaar is. Chevonne was in ‘n kombers toegedraai en het verskeie kneusplekke gehad. Van Niekerk het glo gesê sy het by die huis siek geraak.

Volgens sers. Lillian Modiga, woordvoerder van Bedfordview-polisiestasie, was die kind se mond vol bloed en het sy ‘n kneusplek agter aan haar kop gehad, asook kneusplekke aan haar lyf.

Speurders is na die gesin se woning vir ondersoek, waarna Van Niekerk as die beweerde verdagte van die minderjarige kind se moord gearresteer is.

Chevonne en haar pa.

Foto’s: Facebook

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel