Kleuter veg om lewe na kop-aan-kop- botsing

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Tweejarige kleuter is gisteraand op ‘n toneel in Hendrik Potgieterstraat, Roodepoort, Gauteng, na ‘n kop-aan-kop botsing deur ‘n Netcare 911-helikopter na ‘n mediese fasiliteit gevlieg.

Emer-G-Med-paramedici het met aankoms op die toneel twee voertuie gevind wat teen hoë impak gebots het.

Vier volwassenes is op die toneel behandel vir beserings wat gewissel het van matig tot ernstig, terwyl die kritiek beseerde kleuter vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal gevlieg is.

FiND iT Nuus het die polisie om kommentaar genader.

Lees ook:

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.