Kyk: Jerry Lee Lewis (87) – Great Balls Of Fire – oorlede

Deel hierdie storie / Share this story

Nadat TMZ ‘n paar dae gelede verkeerdelik oor Ruk en Rol-legende, Jerry Lee Lewis, as dood berig het, is daar nou amptelik op sy blad bevestig dat hy Vrydag rustig in die ouderdom van 87 by sy huis in Desoto County, Mississippi, met sy sewende vrou aan sy sy, oorlede is.

Hy word oorleef deur sy vrou, Judith Coghlan Lewis, sy kinders, Jerry Lee Lewis III, Ronnie Lewis, Phoebe Lewis en Lori Lancaster, sy suster Linda Gail Lewis en sy neef Jimmy Swaggart, kleinkinders, neefs en niggies.

Hy is op 16 Oktober, na 60 jaar, in die Country Music Hall of Fame opgeneem as die laaste van die Rock and Roll-era. Hy was wel te siek om die seremonie by te woon en daarom het sy jarelange vriend Kris Kristofferson die eer namens hom aanvaar en agterna persoonlik aan hom oorhandig.

Linda Gail Lewis het Vrydag op haar Facebook-blad geskryf:”I can’t believe my big brother is gone, my world will never be the same again.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.