Kleuter vermoor: pa smeek vermeende moordenaar vir kleuter se vermiste liggaamsdele om haar te begrawe

Deel hierdie storie / Share this story

Irvin Ndlovu, die pa van Bokgabo Poo, die vierjarige kleuter wat vermoor is, het gister sy dogter se aanvaller in die Benoni-landdroshof gesmeek vir die res van haar liggaamsdele sodat hy sy kind kan begrawe.

Die gebroke pa het op die 17de Oktober tydens ‘n hofverskyning by die beskuldigde in die saak probeer uitkom.

Ntokozo Zikhali (30) is die beskuldigde wat aangekla word van ontvoering, verkragting, moord, regsverydeling en lykskending, nadat die kleuter vermis geraak en ‘n dag later vermink gevind is. Haar een been is eers in ‘n vlak graf op ‘n erf gekry en toe later is nog dele van haar liggaam weg van die huis in ‘n veld, gekry.

LEES OOK: Skoolhoof en matrieks van Hoërskool Hermanus spring in die see

Ndlovu het op sy Facebook-blad onder die foto van hom en sy dogter huilgesiggies en ‘n gebreekte hart met die volgende geplaas: “I refuse to picture life without u…mbuyiseni please.”

Zikhali het Poo wat saam met ‘n maat in ‘n park in Wattville gespeel het, glo weggelok. ‘n Video-opname het gewys hoe sy saam met hom wegstap. Met verspreiding van die video het hy gevlug, maar hy is deur ‘n petroljoggie aan die polisie uitgewys.

Intussen moes Poo se pa hoor dat sy dogter se vermeende moordenaar op borg uit was vir ‘n saak van beweerde verkragting van ‘n negejarige meisie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.

Lees ook: Elton Jantjies, stout seun van rugby, boek homself in vir rehabilitasie

Elton Jantjies, Springbokrugbyspeler, het homself glo twee weke gelede by ‘n dwelmrehabilitasiesentrum in Houtbaai ingeboek.