Foto’s aan die onderkant van die berig.
Mnr. Mike Smuts, skoolhoof van Hoërskool Hermanus in die Wes-Kaap, het Vrydag saam met die matriekklas van 2022 met klere en al van “Piet se Klip” af in die see gespring.
Hierdie is klaarblyklik ‘n trotse tradisie waarna matrieks uitsien om hul skoolloopbaan mee af te sluit.
Hulle word ten alle tye veilig gehou deur See-en-sand Lewensredding Hermanus, Western Cape.
Joha van Dyk, skrywer van die boeke Branderjaer en Vuurvreter het hierdie foto’s met ‘n tema wat by haar boeke aansluit, gedeel.
Die honderde uitsonderlike foto’s, waarvan FiND iT ‘n paar plaas, is deur Karli Geldenhuys geneem.
“Laaste skooldag… Spring van Piet se Klip af!”
“Hierdie is een van Hoërskool Hermanus se tradisies waarna ons Matriekleerders baie uitsien, and this year our new principal, Mr Mike Smuts, joined our 2022 Matric Group.”







Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



