Die polisie op Thornville KZN het saam met Magma Security gewerk om vier verdagtes in hegtenis te neem in verband met ‘n beweerde rooftog wat op 15 Oktober by ‘n plaashuis plaasgevind het.
Konst. Thenjiswa Ngcobo, polisiewoordvoerder, sê die polisie het inligting ontvang oor die beweerde rooftog. Die polisie het die inligting opgevolg en die vier verdagtes is glo in die besit van drie gewere, sewe selfone, drank ter waarde van R7 000, bankkaarte, klere en ‘n voertuig betrap.
Die vier verdagtes tussen die ouderdomme van 20 en 42 is in hegtenis geneem.
Die verdagtes sal na verwagting vandag in die Pietermaritzburg-landdroshof verskyn.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



