Baie matriekleerlinge is op die vooraand van die belangrike eksamen waarmee hulle gepas hulle skoolloopbaan van 12 jaar afsluit.
Hierdie eksamen se laaste vak sal op 7 Desember geskryf word.
Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, sê uitslae sal op 19 Januarie 2023 vrygestel en op 20 Januarie 2023 aan kandidate beskikbaar wees.
Vind hierby die matriekeksamenrooster aangeheg. Ouers, druk dit en plaas hom op die yskas.
Onthou om jou matriek in die huis ten volle te ondersteun en seker te maak dat hulle nie oorweldig word nie.
Die belangrikste is seker om te weet dat indien indien jy daardie punt of twee kort, om by die skool waar jy skryf uit te vind oor jou opsies om jou vraestel by die departement te besigtig, aansoek te doen vir ‘n hermerk, of selfs ‘n herskryf.
Privaat instansies se finale eksamen begin reeds vandag.
Raak nou rustig en berei voor.
Ouers, familie en vriende plaas jou boodskap vir matrikulante in die kommentaar en tag hulle sodat hulle bewus is van jou ondersteuning.
FiND-iT Nuus wens elke matriekkandidaat in Suid-Afrika sterkte met hul eksamen toe.



Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



