Die Stellenbosch-polisie ondersoek die omstandighede rondom die verdwyning van Leila Lees (18) en Ethan Kirkland (22) nadat hulle Saterdag as vermis aangemeld is.
Ethan is ’n eerstejaarstudent aan die Universiteit Stellenbosch en Leila is ’n kelnerin by die Decameron-restaurant op Stellenbosch.
Die paartjie is laas gesien toe hulle Vrydagaand The Niche-woonstelblok op Stellenbosch verlaat het.
Hulle het in ‘n maroen Subaru Forester met registrasienommer CA280247 gery.
Enige persoon met inligting oor hul verblyfplek word vriendelik versoek om Crime Stop by 0860010111 te kontak.



