VRMED, FSEMS Rescue en LifeEMS was Sondagmiddag op die toneel waar ‘n motor teen die rotswand langs die N1 suid van die Shell Ultra City-afrit vasgery het.
Volgens VR Medical het die bestuurder van die voertuig ernstige beserings opgedoen en moes hy op die toneel behandel word voor hy deur paramedici na ‘n hospitaal geneem is vir verdere behandeling.
Die pasiënt is in ‘n kritieke toestand.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



