Patats en malvalekkers op die kole

Deel hierdie storie / Share this story

Is jy lus vir ‘n interessante nagereg? Probeer dié resep vir patats met malvalekkers.

Bestanddele:

Patats (soveel soos jy wil maak)

Malvalekkers

Metode:

Was en halveer patats.
Pak malvalekkers bo-op elke patat.
Bak in die oond teen 180 °C tot gaar, ongeveer 45 minute.
Jy kan ook die patats in foelie toedraai tot gaargebak oor die kole.
Maak foelie oop, halveer patats, maar behou die foelie en maak ‘n tipe bakkie rondom die patat, moenie toemaak nie.
Pak nou malvalekkers bo-op en sit weer terug op rooster sodat die malvalekkers kan smelt.
Jy kan dit ook uit die foelie haal, pak in ‘n platboompan met deksel, sit malvalekkers bo-op, sit delsel terug en pak bietjie kooltjies op die deksel vir so 10 – 15 minute tot die malvalekkers gesmelt het.

Hier is ook ‘n resep vir sampioene in spek toegedraai.

Bron: Onbekend
Plasing: Tiana Botes / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel