‘n Vermeende brandstigter is 18:00 Dinsdag gearresteer toe hy in die straat in Emmarentia afgestap het.
Die verdagte word gesoek op 25 aanklagte van brandstigting, huisbraak en een aanklag van moord. Die bejaarde inwoner van Houghton, Risto Andjelopolj, is in Mei in die hospitaal dood nadat hy aangerand en in sy huis toegesluit is voordat dit aan die brand gesteek is.
Brenda Muridili, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die verdagte sal Donderdag in die Randburg-landdroshof verskyn.
Bronne: Times LIVE, The Citizen
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Fidelity bied R100 000 aan om beweerde brandstigter te vang



