Polisieminister Bheki Cele het bevestig nog ‘n verdagte is in die Krugersdorp-verkragtingsaak gearresteer.
Agt vrouens is in Julie verkrag toe hulle ‘n gospel-musiekvideo by ‘n myn aan die Wes-Rand verfilm het.
Tot dusver is 15 verdagtes gearresteer.
Hulle word aangekla van verkragting, roof en onwettig in die land wees.
Bronne: eNCA, News365
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Krugersdorp-verkragtingsaak uitgestel vir DNS-toetsing



