Krugersdorp-verkragtingsaak uitgestel vir DNS-toetsing

Deel hierdie storie / Share this story

Die verkragtingsaak teen 14 verdagtes is uitgestel in die Krugersdorp-landdroshof vir DNS-toetsing. Hulle word aangekla van die verkragting van die vroue wat besig was om ‘n musiekvideo by ‘n myn te verfilm.

Die verdagtes was Woensdag in die hof. Hulle word ook aangekla van seksuele aanranding en roof. Dit na die verkragting van agt vrouens in Julie tydens die verfilming van ‘n musiekvideo by ‘n myn.

Die verdagtes sal weer oor ‘n maand in die hof verskyn.

Bronne: EWN, SABC News

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Meer as 80 onwettige mynwerkers in hegtenis geneem ná grusame Krugersdorp-bendeverkragting