Verdagte in Madeleine McCann-saak van seksuele misdade aangekla

Deel hierdie storie / Share this story

Die Duitse verdagte in die verdwyning van Madeleine McCann is aangekla van vyf onverwante seksuele misdade, het die staatsaanklaer se kantoor in Braunschweig Dinsdag aangekondig.

“Die beskuldigde word aangekla van drie dade van ernstige verkragting en twee dade van seksuele misbruik van kinders,” het die aanklaer se woordvoerder, Hans Christian Wolters, in die verklaring gesê.

Die 45-jarige, Christian B, het na bewering die misdrywe tussen Desember 2000 en Junie 2017 in Portugal gepleeg.

Hy dien tans ‘n sewe jaar lange tronkstraf uit oor die verkragting van ‘n vrou in 2005 in Portugal.

Duitse ondersoekers het Christian B as die hoofverdagte in die Madeleine McCann-verdwyningsaak in 2020 geïdentifiseer en gesê hulle glo die vermiste meisie is dood.

McCann het in 2007 op die ouderdom van drie spoorloos van ‘n strandoord in Praia da Luz, Portugal, verdwyn.

Die Duitse verdagte het glo enige betrokkenheid by die saak ontken.

Bronne: Euronews, BBC

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Madeleine McCann se ouers verloor hofsaak