Die ouers van Madeleine McCann, wat in 2007 verdwyn het, het ‘n saak in die Europese Menseregtehof verloor.
Gerald McCann en Kate Healy het appèl aangeteken oor ‘n voormalige Portugese polisieman se opmerkings in ‘n boek, dokumentêr en koerantonderhoud.
Goncalo Amaral, wat deel was van die ondersoekspan na Madeleine McCann se verdwyning, het in ‘n boek wat hy geskryf het beweer dat Madeleine se ouers betrokke was.
McCann en Healy het aangevoer sy aansprake oor hul beweerde betrokkenheid by Madeleine se verdwyning het hul reputasie en vermoede van onskuld geskaad.
Die saak is Dinsdag deur die hof van die hand gewys. Die hof het aangevoer dat die boek nie hulle reputasies beskadig het nie omdat dit klaar voor die boek geskryf is aan die media bekend was dat die ouers ondersoek word.
Die hof het ook gesê die polisie het nie hulle reg tot privaatheid geskend nie.
’n Veroordeelde kindermishandelaar en dwelmhandelaar het as die sleutelverdagte in die Madeleine McCann-saak na vore gekom.
In Mei het die Duitse aanklaer wat die saak sedert 2020 ondersoek, gesê nuwe bewyse is gevind wat die verdagte, wat in die tronk is vir die verkragting van ‘n vrou in dieselfde area toe Madeleine vermis geraak het, moontlik inkrimineer.
Bronne: Euronews, SABC
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



