Ondersoek na polisiehond glo leerlinge byt

Deel hierdie storie / Share this story

Die Gautengse departement van onderwys het ‘n ondersoek geloods na ‘n polisieman en twee sekuriteitswagte glo ‘n hond op leerders by Sekondêre Skool Azara in Thembelihle losgelaat het.

‘n Polisieman en twee sekuriteitswagte het glo ‘n soekhond op leerlinge losgelaat terwyl hulle besig was met ‘n soektog na dwelms.

Die hond is glo losgelaat nadat ‘n graad 10-leerling een van die honde met ‘n baksteen geslaan het. Die polisieman het die leerling gesoek en toe hy gesê is die leerling is nie in die klas nie, het hy die hond in die klaskamer losgelaat na die deur gesluit is.

Verskeie leerlinge is glo deur die hond gebyt en een van hulle is glo selfs deur die polisieman met sy wapen gedreig. Onderwysers het ook glo nie die studente gehelp tydens die voorval nie.

Bronne: IOL, Play MTN

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Familie jaag teen tyd om onderwyser se liggaam vanaf China terug te bring