Vyf vas na R5 miljard se dwelmvonds

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in Nigerië het op R5 miljard se kokaïne in ‘n pakhuis beslag gelê.

Die Nasionale Dwelmwettoepassingsagentskap (NDLEA) in Nigerië sê hulle het beslag gelê op die 1,8 ton kokaïne na ‘n klopjag deur amptenare uitgevoer is.

Ten minste vyf verdagtes, insluitend ‘n Jamaikaanse man en die bestuurder by die pakhuis, is in hegtenis geneem.

Die klopjag het twee dae geduur.

Voorlopige ondersoek dui daarop dat die A-klas dwelms in die pakhuis gebêre is waar die kartel probeer het om dit aan kopers in Europa te verkoop. Die dwelms was in 10 sakke en 13 dromme gestoor.