Verdagte van moord op Dimpho Skelenge gearresteer en in hof

Deel hierdie storie / Share this story

Die moord op die 28-jarige Dimpho Skelenge maak wyd opslae.

“Keep The Energy” het 13 September op hul Facebook-blad geskryf Dimpho Skelenge (28) van Caledon in die Wes-Kaap is na bewering op Dinsdag 6 September vermoor.

Volgens die inskrywing het sy glo van Ashton na Caledon vir ‘n nuwe werk verhuis, maar ook om weg te breek van haar eks-kêrel, wat nie wou aanvaar dat hul verhouding iets van die verlede is nie.

Skelenge het ‘n nuwe werk as administrasieklerk by die Caledon-landdroshof aanvaar.

Haar eks-kêrel, wat na bewering gewelddadig was, het glo met blomme en wyn na haar nuwe woning gegaan om verskoning te vra.

Sy het glo nie die verskoning aanvaar nie.

Dimpho se liggaam is later deur haar buurman ontdek nadat sy nie haar alarm wat heeltyd afgegaan het afgesit het nie.

Wiseman Ndara (34) is later die oggend vir die moord gearresteer.

Hy het op 9 September in die Caledon-landdroshof verskyn en sou weer op 16 September vir borgtog aansoek gedoen.

Sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, het bevestig dat ‘n verdagte van 34 jaar op 7 September vir haar moord gearresteer is.

Tee Ka Tshungy het die volgende op sosiale media geplaas:

“Wat die ergste is, is dat ons in die diepte van ons harte geweet het dat hierdie moontlikheid met haar kon gebeur! Die realiteit is verby woorde! Ouens, ons het aangegaan oor hierdie ‘pshyco sithukise’ namens haar. Met tye het ons ‘n grap gemaak en gesê ons gaan nog sê ‘Justice for Dimpho’.

“Waar is ons nou?? Net daar!!”

Die ANC-Jeugliga het die volgende mediavrystelling gemaak:

For immediate release.
14 September 2022

ANCYL RCPC statement on the brutal killing of Comrade Dimpho Skelenge.

The ANCYL is utterly dismayed at the brutal and senseless murder of comrades Dimpho Skelenge which occurred on on the 6 September 2022. Comrade Dimpho was an active and dedicated member of the ANCYL. Report emanating from close sources state that Dimpho Skelenge a young person, a young women, a dreamer of Caledon was brutally murdered by her ex boyfriend.

It is alleged that the boyfriend poisoned her, and stabbed her multiple times. She was later found by Caledon Police on Wednesday morning.

The accused has since been arrested on Wednesday 7th September and was charged Thursday 8 September. The accused confessed to everything done. The ANCYL is disgusted by the level of brutally and lawlessness that continues to rob South Africa of young capable minds and call for swift actions on the justice system.

The ANCYL RCPC would like to convey its heartfelt condolences to Comrade Dimpho Skelenge’s family, close friends and comrades. The role which everyone that was close to her felt, left an indelible mark in the hearts and mind.

The accused will be appearing at the magistrate court on the 16 of September 2022 in Caledon Court. Call on all congress men and women to go out in numbers to the court to ensure that the perpetrator does not get bail.

Lala ngoxolo Comrade Dimpho😢

FiND iT Nuus het die NVG (nasionale vervolgingsgesag) vir kommentaar gevra na die laaste hofverskyning.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel