Polisie waarsku teen aanlyn kriminele

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in Mpumalanga sê hulle is bekommerd oor lede van die publiek wat deur kriminele deur middel van sosiale media ingeloop word.

Mense raak die slagoffers van bedrog, rooftogte, ontvoering, verkragting en roof.

Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, sê ‘n 23-jarige man het in 2021 sy slagoffers op ‘n sosialemediaplatform gelok om ‘n romantiese verhouding op te bou. Dié man het dan gereël om sy slagoffers in afgeleë plekke te ontmoet, waar hy hulle glo beroof en dan verkrag het.

Die voorvalle is aan die polisie gerapporteer en die polisie het later vasgestel ‘n reeksverkragter is in die area besig.

Die man is in September verlede jaar in hegtenis geneem. Sy volgende hofverskyning is op 22 September 2022.

Hy word van verkragting en moord aangekla.

“Die polisie doen ‘n beroep op die publiek om versigtig te wees vir hierdie soort kriminele. Hierdie mense soek altyd na nuwe maniere om slagoffers se geld te kry.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel