Nog 230 walvisse gestrand op Tasmanië strand

Deel hierdie storie / Share this story

Nog ongeveer 230 walvisse is Woensdag gestrand gevind op ‘n strand in Tasmanië, Australië.

Reddingspogings is aan die gang, want dit word geglo meer as die helfte van die walvisse lewe nog.

Die walvisse het uitgespoel in dieselfde gebied as waar daar twee jaar gelede ‘n massastranding was waartydens 380 walvisse gesterf het.

Die stranding volg slegs dae na nog ‘n massastranding in noordelike Tasmanië by King-eiland plaasgevind het waarin 14 walvisse dood is.

Bronne: BBC, Daily Herald

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Veertien spermwalvisse dood na massastranding op Australiese strand