Veertien spermwalvisse dood na massastranding op Australiese strand

Deel hierdie storie / Share this story

Veertien spermwalvisse is dood na hulle op ‘n strand in Tasmanië, Australië, uitgespoel het.

Die walviskarkasse is Maandag op King-eiland ontdek en aan die owerhede rapporteer.

Dis onbekend hoe so baie walvisse op een slag op die strand beland het, maar ‘n veearts en kenners is gestuur om ondersoek in te stel.

’n Lugopname sal bepaal of meer diere in die gebied gestrand is, het ’n staatsregeringswoordvoerder gesê.

Bronne: BBC, The Guardian

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Geel vlak 2 weer waarskuwing uitgereik vir KwaZulu-Natal