Maandagoggend in Upington het byna in ‘n vuisgeveg ontaard toe die kantoorbestuurder van die Dawid Kruiper-munisipaliteit geweier het dat ‘n kennisgewingbord voor die duikweg in Schröderstraat opgerig word.
Die Dawid Kruiper-munisipaliteit sê Elias Ntoba, munisipale bestuurder by die munisipaliteit, het die kantoorbestuurder gevra om te gaan ondersoek instel ná inligting ontvang is oor ‘n onwettigheid wat besig was om plaas te vind.
Volgens die munisipaliteit was die Gemsbok-koerant, AfriForum en ‘n raadslid van die DA reeds op die toneel.
Vernon Mfusi, kantoorbestuurder by die munisipaliteit, het die groep gevra waar hulle toestemming gekry het om die bord op te rig. Ná ‘n heen-en-weer gestryery oor toestemming om die bord op te sit, het daar ‘n rusie uitgebreek tussen Mfusi en ‘n lid van AfriForum.
“Na verdere ondersoek van die stadsbeplanning-en-boubeheer-tegnikus, sowel as die munisipale bestuurder, is dit vasgestel dat daar geen toestemmingsbrief was nie en dat oorweging vir die kennisgewingbord deur middel van ‘n formele aansoek gegee sal word,” sê die munisipaliteit.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



