Bekende prokureur glo vermoor

Deel hierdie storie / Share this story

`n Bekende prokureur van Potgietersrus/Mokopane en voormalige parlementslid, Schalk Pienaar, is glo in sy motorhuis in die dorp doodgeskiet.

‘n Onbekende hoeveel mans het Pienaar glo by sy huis in Platinastraat in Chroompark geskiet waarna hulle gevlug het.

Pienaar was 40 jaar lank ‘n prokureur in Mokopane en in 1987 `n kandidaat vir die KP toe hy as die parlementslid vir Potgietersrus verkies is.

Hy was tot 1994 `n parlementslid waarna hy hom toegespits het op sy prokureurspraktyk in Potgietersrus.

Volgens Marcelle Maritz, VF Plus-LPW en provinsiale leier: Limpopo, het die voorval ’n blok van my haar huis plaasgevind terwyl sy besig was om te werk.

“Ek het talle boodskappe ontvang van bekommerde inwoners wat gesê het daar is baie polisiebeamptes in die omgewing en wou weet wat aangaan. Ek en Pienaar was al jare lank vriende en ek wil namens die VF Plus my skok en simpatie aan sy naasbestaandes betuig.

“Hy was ‘n steunpilaar in die gemeenskap en dit is jammer dat hy ook nou deel geword het van die land se buite-beheer misdaadstatistieke,” sê Maritz.

Medeleye het intussen op Facecook ingestoom.

Die voormalige parlementslid, Charl Hertzog, het Pienaar as ‘n standvastige kollega en merkwaardige man beskryf.

“Dit is met groot skok dat ek so pas verneem het van die moord op my oud kollega Schalk Pienaar LP vir Potgietersrus. Aan sy kinders en familie my innige meegevoel. Schalk was n Formidable debatvoerder met n skerp brein en n lewe gewy aan die politiek en die regswese in die noorde. As oudkollega salueer ek hom, mag sy siel in vrede rus,” skryf Koos Botha.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.