‘n Man wat getakel en gearresteer is deur die polisie nadat hy na koningin Elizabeth II se kis gegryp het, het gesê hy “wou kyk of sy nog lewe”.
Muhammad Khan (28) is gearresteer nadat hy glo ‘n kind uit die pad gestamp het en toe na die koningin se kis gegryp het.
In sy hofverskyning het hy gesê hy “wou kyk of die koningin regtig dood is”. Hy was van plan om vir die koninklike gesin briewe te skryf en as hulle hom nie geantwoord het nie, sou hy by hulle huise inbreek om die koningin te soek en persoonlik met haar te praat.
Hy het gesê hy sou haar aanhou soek tot hy self doodgaan en dat hy glo koning Charles het iets te doen met haar dood.
Khan is borgtog toegestaan op voorwaarde dat hy in ‘n Oos-Londen-geestesgesondheidshospitaal bly tot sy volgende verskyning in die hof op 18 Oktober.
Bronne: LADbible, Daily Mail
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



