Die Hoër Meisieskool Rhenish in Stellenbosch het op sy Facebook-blad die nuus bekendgemaak dat een van sy graad 11-leerlinge skielik oorlede is.
“Die Rhenish-gemeenskap is op sy knieë oor die nuus van die ontydige dood van een van ons graad 11-leerlinge, Léa van der Merwe.”
Die skool beskryf Léa as ‘n talentvolle, skerp persoon wat ‘n positiewe bydrae in ‘n reeks skoolaktiwiteite, kultureel en akademies, gemaak het.
“Ons diepste medelye aan haar ouers, Johan en Marie-Anne.”
Indien jy of enigeen wat jy ken hulp nodig het, skakel die Suicide Crisis Helpline by 0800 12 13 14.



