FDA waarsku teen ‘Sleepy Chicken’-uitdaging

Deel hierdie storie / Share this story

Die Amerikaanse voedsel-en-dwelm-administrasie (FDA) het ‘n verklaring uitgereik wat waarsku teen die “Sleepy Chicken”-uitdaging wat die rondte gedoen het op sosiale media vroeër die jaar.

Die “Sleepy Chicken”-uitdaging behels dat mens hoender in hoesmedisyne en verkouemedisyne gaarmaak en dit dan eet.

Die FDA het gewaarsku dat dit onveilig is om medisyne te kook, want dit maak die medisyne sterker en selfs die walms kan mens aantas. Dit kan ‘n oordosis veroorsaak en die walms kan jou longe aantas.

Bronne: OFM, Straits Times

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Nog 230 walvisse gestrand op Tasmanië strand