‘n 32-jarige man het skielik gesterf van ‘n hartaanval slegs ‘n paar honderd meter van die eindstreep tydens die Satara Hill-halfmarathon in Indië op Sondag.
Die man was ‘n fikse atleet wat deelgeneem het aan verskeie marathons en heelwat gewen het.
Raj Kantilal Patel, die pa van ‘n ses maande dogtertjie, het inmekaargesak 250 m van die eindstreep af.
Hy is dadelik hospitaal toe geneem, maar is oorlede verklaar.
Patel se onverwagse dood word deur owerhede ondersoek.
Bronne: Times of India, Newspunch
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Man wat getakel is toe hy aan koningin Elizabeth se kis vat ‘wou kyk of sy nog lewe’



