‘n Leerling in gr. 8 is dood en ‘n ander leerling in dieselfde graad is gehospitaliseer in wat St. Teresa-skool in Johannesburg as ‘n tragiese voorval beskryf.
In ‘n verklaring wat die skool gister uitgereik het oor die gebeure wat Maandag 19 September plaasgevind het, word die geïsoleerde tragedie op die skoolperseel bevestig.
Die skool het gevra vir gebed vir die families wat geraak is en dat die privaatheid van die ouers en families van die twee kinders gerespekteer word.
Die skool het ‘n onafhanklike privaat ondersoek geloods. Vuilspel word nie vermoed nie.
“Ons wag vir amptelike bevestiging daarop.”
Die skool beskou die voorval in ‘n baie ernstige lig en werk saam met die Rosebank-polisiestasie wat die voorval ondersoek.
“Verdere besonderhede sal op ‘n gepaste tyd gekommunikeer word.”
Die skool spreek hul dank uit teenoor ouers en die skoolgemeenskap vir ondersteuning.
“Beraders en sielkundiges is beskikbaar gestel aan leerders en personeel. Ons prioriteit is om deurentyd ondersteuning te bied aan dié wat dit nodig het.”
Die skool beklemtoon dat die geestesgesondheid, fisiese en emosionele gesondheidheid van hul leerlinge van uiterste belang is.
Eyewitness News het berig hul verstaan ‘n gr. 8-meisie het van ‘n skoolgebou gespring, maar dit is nie deur die polisie of onderwysdepartement bevestig nie.
As jy of iemand na aan jou selfdoodgedagtes het, kontak die Suicide Helpline by 0800 567 567.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



