PAS BEKEND: Ashley Oosthuizen se vonnis tot 33 jaar verminder

Deel hierdie storie / Share this story

Die 23-jarige Ashley Oosthuizen wat tronkstraf vir dwelmhandel in Thailand uitdien, se vonnis is vandag van lewenslank na net 33,4 jaar verminder.

A Voice for Ashley Oosthuizen, ‘n blad wat gestig is om vriende, familie en ondersteuners op hoogte te hou van hoe dit met haar gaan, het pas in ‘n plasing op Facebook bevestig haar vonnis is tot 33,4 jaar verminder.

Die boodskap, wat van Oosthuizen se ma af kom, lui:

“Ons het gister uitgevind dat ons verkeerd verstaan het oor ‘lewenslange vonnis’.
Dit blyk toe dat Ashley ‘full life sentence’ gekry het en nie slegs 25 jaar nie.
Haar appèl het goed verloop en haar vonnis is verminder tot 33,4 jaar.
Ons het weer 30 dae om te appelleer.”

“Ons het uit die aard van die saak gehoop dat sy vrygespreek gaan word.
Maar ons berus by ons hemelse Vader dat Hy steeds alles onder beheer het!
Ons loof en prys Hom vir elke klein wonderwerk. Ons vertroue is steeds in Hom en weet dat Sy planne vir Ashley se toekoms goed is. Ons weet ons dien ‘n lewende God wat ons baie liefhet en ons nooit sal verlaat en nooit in die steek sal laat nie. Sy planne is nie ons planne nie en dit is veel groter as wat ons ooit sal besef!”

Lees ‘n vorige berig hier.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel