Aktrise Anne Heche breindood verklaar ná ongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

Anne Heche, aktrise, is breindood verklaar na ‘n ongeluk waarin haar Mini Cooper deur die voorkant van ‘n huis gery het en ‘n brand veroorsaak het.

Woordvoerders vir die familie en vriende van Heche sê bevestig is breindood verklaar en haar lewensondersteunende masjiene sal afgeskakel word.

Die 53-jarige aktrise sal op ‘n ventilator bly terwyl dokters vasstel of van haar organe lewensvatbaar is vir oorplantings.

“Ons wil almal bedank vir hulle mooi wense en gebede vir Anne se herstel en ook dankie aan die toegewyde personeel en ongelooflike verpleegsters wat by die Groasman Burn Center na Anne omgesien het,” sê ‘n verteenwoordiger vir haar familie.

“Ongelukkig, na die ongeluk, het Anne ‘n ernstige breinbesering opgedoen en bly sy in ‘n koma.”

Die verklaring het ook genoem dat dit haar keuse was om ‘n orgaanskenker te wees en dat sy daarom vir eers aan die lewe gehou word.

Heche was verlede Vrydag glo “hoog op kokaïne” toe sy teen ‘n hoë spoed met haar motor in ‘n huis in Kalifornië vasgejaag het, berig Daily Mail.

Daar is volgens Daily Mail kokaïne in Heche se bloedstroom opgetel, maar beamptes het bevestig dat sy nie onder die invloed van alkohol was nie.

Lees die vorige berig hier.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel