‘Niks oor’ van huis waarin Anne Heche met motor vasry, veroorsaak brand

Deel hierdie storie / Share this story

Daar is “niks oor” van die huis wat aan die brand geslaan het nadat Anne Heche (53), bekende aktrise en voormalige lewensmaat van Ellen DeGeneres, met haar blou Mini Cooper in die huis vasgery het nie.

Heche is steeds in die hospitaal na ’n motorongeluk Vrydagoggend in Los Angeles toe sy met haar motor in ‘n huis in Mar Vista-woonbuurt vasgery het. CBS Los Angeles berig sy het vóór die ongeluk eers in ‘n ander motorhuis vasgery, weggejaag en in die huis in Mar Vista vasgery. ‘n Huurder en haar twee honde was binne-in die huis. Alles in die huis het verbrand en dit het meer as 60 brandbestryders geneem om die vuur te blus.

Heather Duffy Boylston, Heche se vriendin en podcast-vennoot, het in ’n verklaring gesê Heche is in ’n stabiele toestand. 

Foto’s en videomateriaal wat deur die Amerikaanse media TMZ verkry is, wys hoe Heche ‘n blou Mini Cooper bestuur, wat later ernstig beskadig op die toneel te sien is. CBS Los Angeles was by die huis waar die ongeluk plaasgevind het, maar die eienaar van die huis was te getraumatiseer om met hulle te praat.

Die polisie ondersoek die saak. 

James Tupper, voorheen Heche se lewensmaat van 10 jaar en pa van een van haar kinders, het dié boodskap op sy geverifieerde Instagramblad gedeel:

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel