Een dood, twee beseer in kop-aan-kop-botsing

Deel hierdie storie / Share this story

Een persoon is dood en twee ander beseer na ‘n kop-aan-kop-botsing Sondagoggend om 07:00 in Umhlanga plaasgevind het.

Emer-G-Med sê in ‘n verklaring twee voertuie het teen ‘n hoë spoed reg van voor teen mekaar gebots.

Die bestuurder van ‘n Volkswagen Citi Golf, ‘n man in sy 40’s, is op die toneel dood verklaar.

Twee insittendes van die ander voertuig het beserings opgedoen en is op die toneel gestabiliseer voor hulle na ‘n hospitaal geneem is vir behandeling.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel