Archie Battersbee, die 12-jarige wat vir lank in die middel van ‘n hofstryd tussen sy ouers en dokters was, is dood na sy lewensondersteunende masjiene Saterdag afgeskakel is.
Hollie Dance, Archie se ma, sê hy was “so ‘n pragtige klein seuntjie” en dat hy “tot reg aan die einde baklei het”.
Sy het buite die Royal London Hospital gepraat waar haar seun dood is en gesê sy is “die trotsste ma in die wêreld”.
Archie was in die hospitaal sedert hy in April bewusteloos in sy ouerhuis gevind is.
Hy het ernstige breinbeserings opgedoen in wat sy ma vermoed ‘n TikTok-uitdaging was.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



