Die familie van die 12-jarige Archie Battersbee het gisteraand ‘n “spesiale” laaste aand saam met hom deurgebring na hulle moes hoor dat sy lewensondersteunende masjiene vandag afgeskakel sal word.
Na ‘n stryd wat weke geduur het, is alle opsies oorweeg en die Europese hof het gister sy ouers se aansoek om hom van ‘n hospitaal na ‘n palliatiewe fasiliteit te skuif, van die hand gewys..
Sy familie is “platgeslaan”, sê ‘n woordvoerder vir die Christian Concern-groep.
Die 12-jarige is in ‘n koma sedert sy ma hom in April bewusteloos gevind het. Hy word sedertdien deur ‘n kombinasie mediese behandelings aan die lewe gehou.
Hollie Dance, Archie se ma, sê sy is “gebroke”, maar het alles in haar vermoë gedoen om te baklei om vir hom meer tyd te gee.
Hollie glo Archie het ‘n TikTok-uitdaging probeer waar jy jouself laat flou word. Lees die vorige berig hier.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



