Beloning van R1 miljoen aangebied vir inligting ná Kby-transitorooftog

Barret sê SBV sal geen aanval wat sy werknemers se lewens en gesondheid in gevaar stel, duld nie.

‘n Beloning van R1 miljoen word nou uitgeloof na ‘n transitorooftog wat vanoggend in Kimberley plaasgevind het.

‘n Sekuriteitsbeampte van SBV is in die rooftog doodgeskiet.

SBV het in ‘n verklaring gesê een van sy werknemers is in die rooftog oorlede.

Mark Barret, hoof- uitvoerende beampte van SBV Services, het namens die hele maatskappy sy medelye uitgespreek aan die oorledene se familie en kollegas.

“Drie van ons spanlede is beseer en word tans in die hospitaal behandel. Ons gedagtes is met die spanlede en hulle families vir die trauma wat hulle in die aanval moes beleef.”

“Ons bied ‘n beloning van R1 miljoen aan vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisname en vervolging van hierdie kriminele.”

Verder sê Barret die SBV-voertuig is deur verskeie verdagtes met plofstof en vuurwapens aangeval.

Barret voeg by die maatskappy sal geen aanval wat sy werknemers se lewens en gesondheid in gevaar sal stel, duld nie.

“SBV sal alle moontlike hulpbronne inspan en saam met die owerhede werk om hierdie kriminele vas te trek.”

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.