Die Europese Hof vir Menseregte het die aansoek van die ouers van Archie Battersbee (12), om hom van ‘n hospitaal na ‘n palliatiewe gesondheidsorgfasiliteit te skuif, van die hand gewys.
Hollie Dance, Archie se ma, het aan oorsese media gesê sy wil hê haar seun moet sy laaste oomblikke saam met sy gesin deurbring, maar die hof het beslis dis nie in Archie se beste belang nie. Die lewensondersteuning vir Archie moet afgesit word.
Die regter het ook toestemming geweier om teen haar uitspraak te appelleer nadat prokureurs vir die familie dit versoek het.
Uitstel tot ontrekking van behandeling is tot Vrydag, 14:00, gegee om kans te gee vir ‘n appèl om aangeteken te word.
Die 12-jarige is in ‘n koma sedert hy in April bewusteloos deur sy ma gevind is en word tans aan die lewe gehou deur ‘n kombinasie van mediese ingrypings, insluitend ventilasie en behandelings, by die Royal London Hospital in Whitechapel, Oos-Londen. Archie het die TikTok-neiging, waar jy jouself laat flou word, probeer, glo sy ma.
Mediese kenners meen die risiko’s verbonde aan die oordrag is “groot en onvoorspelbaar”, waarmee die regter saamgestem het.
Dit is nou ‘n geval van wag en kyk wat gebeur.
Bronne: Manchester Evening News, 3FM Isle of Man, Sky News
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Archie Battersbee se ouers baklei steeds vir seun op lewensondersteuning



