Die Oekraïne se eerste graanskip verlaat hul hawens

Foto: /www.atlanticcouncil.org/

Volgens Atlantic Council Ukraine Alert deur Oleksiy Goncharenko is die ondertekening van ‘n ooreenkoms tussen Rusland en die Oekraine op die 22ste Julie 2022 in Istanbul, Turkye verwelkom nadat graan uitvoere sedert Rusland se inval in Februarie gestaak is.

Hierdie optrede deur Rusland het ‘n globale voedselkrisis veroorsaak omdat Rusland vir vyf maande die Oekraïene se Swart See poorte blokeer het.

Hierdie week het die eerste graanskip Oedesa uitgeseil.

Volgens die berig het Russiese magte ‘n missiel-aanval op die Oedesa-poort geloods, op dieselfde dag wat die ooreenkoms geteken is, wat Moskou eers ontken, maar wel later bevestig het.

Die rol wat deur die Oekraïene as Europa se “broodmandjie” in internasionale voedselsekerheid speel, moet nie onderskat word nie. Voor die Russiese inval ses maande gelede het die land reeds voedsel aan ongeveer 400 miljoen mense wêreldwyd verskaf.

Hierdie landbou uitvoere is belangrik vir die Oekraine omdat dit 40% van die land se uitvoere verteenwoordig.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.