Skoolopsigter skuldig bevind aan seksuele aanranding van twee susters

Die skoolhoof en skoolbeheerliggaam het versuim om op te tree teen die opsigter.

Skoolopsigter is skuldig bevind aan die seksuele aanranding van twee susters

Skoolopsigter is skuldig bevind aan die seksuele aanranding van twee susters foto: Canva

Die departement van onderwys in Noordwes is deur Section27 versoek om ‘n skoolopsigter op die register van seksuele oortreders te plaas nadat hy skuldig bevind is aan die seksuele aanranding van twee susters.

Section27 het die bevindinge verwelkom van ‘n dissiplinêre ondersoek wat deur die departement gehou is om die opsigter onmiddellik te ontslaan nadat hy aan seksuele aanranding skuldig bevind is.

Die saak het betrekking op twee susters, albei minderjarig, wat in verskillende voorvalle wat in 2015 begin het, seksueel aangerand is deur die skoolopsigter.

Die skoolhoof en skoolbeheerliggaam het versuim om teen die oortreder op te tree.

Die ouers van die leerders het die verkragting van hul kind by die skoolhoof aangemeld, maar die oortreder is nie gedissiplineer of geskors nie.

Na ‘n disiplinêre ondersoek waartydens die oortreder onskuldig gepleit is, is hy skuldig bevind na die bewyse en getuienis van die leerders en hulle ma.

Bronne: IOL, The Citizen, Pretoria News

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Wes-Rand-protes het na Munsieville versprei

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.