Familie van hawelose gevind

Kobie van den Berg

Die familie van die hawelose man wat onlangs oorlede is, is gevind.

Sy familie wat na vore gekom het, het gesê dat Kobie se van Van den Berg is, en nie Brits soos hy gesê het nie.

FiND iT het vroeer berig dat Kobie, wat in Bloemfontein op straat gebly het, oorlede is en dat daar gesoek word na sy familie.

Hy het agter ‘n besigheid geslaap, en daar word vermoed hy is van sy komberse en skoene beroof.

Kobie het glo ‘n baie hartseer lewe gehad waarvan hy mense vertel het en Samaritane het elke dag vir hom koffie en kos gebring. Hoewel hy mediese hulp benodig het, het hy dit geweier.

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.