Ons sal self – inwoner van Pretoria-Noord spring self in

Die woorde as deel van ‘n gewilde Afrikaanse liedjie wat die lig gesien het deur verskeie kunstenaars word nie ligtelik opgeneem nie.

In ‘n land waar gemeenskappe daagliks opstaan teen die gebrek aan dienslewering het hierdie woorde reeds die motto geword vir menige wat besig is om hul woonbuurte en infrastruktuur self te herstel. 

Onlangs is ‘n mengsel vanuit supermarkte verkoop vir diegene wat slaggate self wil regmaak. Intussen is daarop reageer en gesê dat dit onwettig is om hierdie werk self te doen.

Pretoria Noord is geen uitsondering nie.

Hierdie gedeelte van Pretoria herrinner streng aan ‘n plattelandse dorp, maar het agteruitgang al hoe meer na vore gekom in hierdie eens trotse gemeenskap.

Daaglikse klagtes van water wat spuit en in paaie afloop, asook vullis en slaggate het ingestroom op sosiale media groepe.

Totdat ‘n inwoner met die naam van Quentin Meyer opgestaan het en saam met inwoners, onder borge van besighede en die gemeenskap, dié dorp begin regruk het.

Intussen het werkloses, onder wie jong seuns, na vore getree en ook hul kant gebring met die skoonmaakprosesse.

“Ons kinders sal weer in ons parkies speel en veilig wees,” het Quentin op die Ons Sal Self Facebook blad gepos met fotos van parke wat reeds skoongemaak is, en is daar reeds persone aan parke vasgemaak wat sorg sal dra dat dit skoon sal bly.

Quentin huiwer nie om die plaaslike raadslid Randall Williams aan te vat met sy plasings aangaande klagtes wat reeds gerapporteer is, beloftes wat gemaak is, en na 48 uur nog nie opgelos is nie. 

Nadat daar nie by die stadsaal skoongemaak is nie en menslike ontlasting deur ‘n opsigter skoongemaak is, het Quentin vies vir Yolanda Duvenage, John Steenhuisen, Helen Zille, Adriana Randall, en Randall Williams ge”tag” en genoem hoe daar vir stemme gevra word, maar daar is nie eens ordentlike toilette nie.

In ‘n ander plasing het hy gesê dat een van sy skoonmakers, ten spyte van dienslewering, 223 sakke gemors opgetel het in twee weke.  En dat hy van mening is dat hy baie mooi sal dink of hy weer gaan stem en wat die doel daarvan sal wees.

Stadsraadswerkers het al in ‘n gemerkte voertuig by hulle gestop waar hulle hierdie werkers se werk doen, en boonop geld geëis om hul werk te doen waarvoor hulle wel ‘n salaris ontvang, skryf hy. Hulle moes ook hoor dat hul trotse regrukwerk onwettig is.

Intussen is parkies skoongemaak van dwelm parafinalia, gemors en sluipslapers, sypaadjies is skoongemaak, rommel word opgetel, en selfs gras word gesny en bossies word uitgetrek.  Skoonmakers en hul skoonmaakmiddels word geborg en is Pretoria-Noord stadig maar seker besig om terug te keer na sy volle glorie van vervloeë dae.

UPLIFTza.co.za #OnsSalSelf 

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.