Vinnige Viskoekies

Deel hierdie storie / Share this story

Heerlik vir ’n vinnige middag- of aandete!

Wat jy gaan benodig

1 blik pilchards in tamatiesous

1 groot eier

1 eetlepel Worcestersous

1 eetlepel tamatiesous

1 eetlepel suurlemoensap of asyn

1 teelepel visspeserye

½ koppie hawermout

2 teelepels bakpoeier

½ koppie koekmeel

Hoe jy moet maak

Haal graatjies uit en plaas die vis saam met die sous in ’n mengbak. Druk dan die vis fyn met ‘n vurk. Breek die eier by en meng deur. Voeg Worcestersous, tamatiesous, suurlemoensap en visspeserye by. Meng goed. Voeg hawermout, bakpoeier en meel by en meng goed. Braai eetlepels vol in vlak olie oor matige hitte.

(Maak ongeveer 14 koekies)