Vinnige viskoekies

Deel hierdie storie / Share this story

Perfek vir ‘n vinnige Saterdag-middagete!

Wat jy gaan benodig

1 blik Pilchards in tamatiesous

1 groot eier

1 eetlepel Worcestersous

1 eetlepel tamatiesous

1 eetlepel suurlemoensap of asyn

1 teelepel visspeserye

½ koppie hawermout

2 teelepel bakpoeier

½ koppie koekmeel

Hoe jy moet maak

Haal graatjies uit en gooi die vis saam met die sous in ’n mengbak. Druk dan die vis fyn met ‘n vurk. Gooi die eier by en meng deur. Gooi Worcestersous, tamatiesous, suurlemoensap en visspeserye by. Meng goed. Voeg hawermout, bakpoeier en meel by en meng goed. Braai eetlepels vol in vlak olie oor matige hitte.

(Maak ongeveer 14 koekies)