Alberto Nonino, die Italiaanse tienkampatleet, het Woensdag laaste geëindig in die 400m-wedloop by die 2022 Wêreldatletiek O.20-kampioenskappe in Cali, Colombia, nadat sy die heeltyd sy geslagsdeel moes vashou.

The Mirror berig Nonino het nie ’n onderbroek aangehad nie en dit het veroorsaak dat sy geslagsdeel by sy broek uithop.
LEES OOK: ‘Niks oor’ van huis waarin Anne Heche met motor vasry, veroorsaak brand
Luidens News18 het Nonino belowend weggespring en nogal twee teenstanders by die laaste draai verbygegaan. In die laaste gedeelte van die wedloop, het hy merkbaar stadiger begin hardloop en ses keer sy geslagsdeel gegryp om dit vas te hou.
Hy het toe laaste geëindig.
Nonino het later in ’n Instagram-storie gesê dit was ’n ongeluk en hy “probeer nou daaroor lag”.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



