‘Mukbang’-YouTuber tel meer as 100 kg voor kamera op

Deel hierdie storie / Share this story

Wat vir Nicholas Perry, ook bekend as Nikocado Avocado, as ‘n platform begin het waar hy sy vegan-leefstyl met volgelinge kon deel, het vinnig verander in iets wat baie as ‘n waarskuwing oor geestesgesondheid sien.

Die 28-jarige Perry is een van die mees kontroversiële YouTubers, bekend vir sy ‘mukbang’-video’s (om voor die kamera te eet) waar hy soms die hele spyskaart van ‘n kitskosrestaurant op een slag eet.

Baie van sy volgelinge het oor die laaste vier jaar, sedert sy eerste video in 2014, gesien hoe Perry meer as 113 kg optel. Soos hy gewig opgetel het en dit op sy YouTube-kanaal vier as hy nog ‘n “mylpaal” behaal het, het sy geestesgesondheid duidelik agteruitgegaan.

Hy het begin om video’s met titels soos “Niemand hou van my nie, ek is klaar” of “My lewe val uitmekaar” te deel.

Baie van sy volgelinge het bekommerd begin raak oor sy geestes- én fisiese gesondheid. Veral ná hy en sy man uitmekaar is. Hy het ‘n reeks video’s gedeel waar hy voor die kamera huil.

Hy was ook ‘n paar keer in 2022 in die hospitaal oor sy gesondheid.

Alhoewel dit vir sommiges kan lyk asof Perry voortgaan met sy video’s om in die media te bly, voel baie dat dit ‘n gevaarlike pad is om te stap – fisies en emosioneel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel