Vrou gebruik glo ‘siener’ om ma te swendel

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou in Brasilië is gearesteer nadat sy glo ‘n “siener” gebruik het om haar ma uit meer as $140 miljoen in kuns, juwele en geld te swendel.

Die vrou is daarvan beskuldig dat sy haar ma se kuns gesteel het deur ‘n “siener” te gebruik om te sê dit is vervloek.

Volgens die polisie het die swendelaars met hulle plan in 2020 begin toe die “siener” vir die ma gesê het haar dogter is siek en sy moet vir haar behandeling betaal.

Die skema het vir maande aangegaan en ten minste sewe ander mense betrek. Die ma is glo deur haar dogter en die ander verdagtes mishandel in so ‘n mate dat sy vir maande in haar huis aaangehou is.

Bronne: BBC, The Scot Free

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Elon Musk wil glo nou sy eie ‘Twitter’ ontwikkel