Elon Musk is glo van plan om sy eie Twitter-webtuiste te ontwikkel as hy nie gedwing word om Twitter te koop in die $44 biljoen-ooreenkoms wat hulle vroeër vanjaar aangegaan het nie.
Iemand het hom op Twitter gevra of hy sy eie webtuiste sal ontwikkel en hy het teruggeantwoord met die woord “X.com”.
Musk gaan wel dalk nie die kans kry om sy eie webtuiste te ontwikkel nie, aangesien Twitter se hofsaak teen hom in Oktober begin en as hulle wen, moet hy $44 biljoen opdok om Twitter te koop.
Bronne: Business Insider, Beam Start, Yahoo
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



