Wat het gebeur met Olivia Newton-John se eks Patrick McDermott?

Deel hierdie storie / Share this story

Na Olivia Newton-John oorlede is op 8 Augustus, is die saak van haar eks, Patrick McDermott, wat spoorloos verdwyn het op ‘n visvanguitstappie, weer in die nuus.

McDermott het op 30 Junie 2005 saam met 22 ander mense op ‘n oornag visvanguitstappie gegaan,maar hy het spoorloos verdwyn voordat hulle weer op droë grond was sonder dat enigiemand agterkom het hy is weg. Dit het ‘n week geneem voordat iemand agtergekom het hy is weg.

Sommige mense glo dat hy in Mexico wegkruip of sy dood vervals het omdat hy bankrot was met meer as $30 000 se skuld.

Selfs met die polisie, die media en privaat speurders op die saak is daar steeds geen bewyse oor wat met McDermott gebeur het nie.

McDermott en Olivia Newton-John het in 1995 begin uitgaan en was vir nege jaar in ‘n aan-af verhouding. Sy was op ‘n toer in Australië toe hy op die visvanguitstappie gegaan het en

Olivia Newton-John het aanbeweeg, maar het altyd geglo dat hy tydens die uitstappie gesterf het.

Bronne: Daily Mail, NY Post

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Elon Musk verkoop $6.9 bn. se Tesla-aandele