Elon Musk verkoop $6.9 bn. se Tesla-aandele

Deel hierdie storie / Share this story

Elon Musk het ongeveer 6.9 Amerikaanse dollars van sy Tesla-aandele verkoop sodat hy geld kan hê sou hy gedwing word om Twitter te koop na aanleiding van die regsgeding wat nou aan die gang is.

Musk het vroeër die jaar besluit om sy aankoop van Twitter te kanselleer, wat veroorsaak het dat hulle hom dagvaar.

Verlede maand het ‘n Amerikaanse regter beslis dat Twitter se regsgeding teen Musk in Oktober verhoor moet word.

Bronne: BBC, The Guardian

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Twitter subpoena Elon Musk se miljardêrvriende in regstryd van $44 miljard