Verdagte gearresteer vir moord oor liggaam in asblik

Deel hierdie storie / Share this story

Volgens kaptein Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder vir die Wes-Kaap is ‘n 36-jarige man Disdagoggend 9 Augustus, op nasionale vrouedag, gearresteer vir moord.

‘n Vroulike liggaam is Maandag 1 Augustus in ‘n asblik te Sagwitystraat, Old Cross Roads, gevind.

Die verdagte wat die asblik deur ‘n erf gestoot het, het daarsonder gevlug nadat die huis-eienaars hom gekonfronteer het. Nadat hulle ondersoek ingestel het, het hulle op die gru-fonds afgekom en die polisie ontbied.

Die moordsaak wat deur Nyanga polisie ondersoek word se motief was ten tyde van die ontdekking van die liggaam onbekend.

Die verdagte sal in die Athlone-landdroshof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel