Man (29) val na sy dood by Menlyn-mall

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man het omstreeks 09:45 Sondagoggend na sy dood geval by die Menlyn Park-sentrum in Pretoria.

Nisha Kemraj, algemene bestuurder by die mall, sê die oorledene was ‘n werknemer by die sentrum.

Sy sê nooddienste is dadelik na die toneel ontbied, maar die man is op die toneel dood verklaar.

Dit volg minder as ‘n maand na ‘n man ook dood is toe hy van die sesde verdieping by die sentrum afgeval het. Lees die vorige berig hier.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel